Henri Moissan

Henri Moissan
Gebore (1852-09-28)28 September 1852
Parys, Frankryk
Oorlede 20 Februarie 1907 (op 54)
Parys, Frankryk
Burgerskap Vlag van Frankryk Frankryk
Vakgebied Chemie
Alma mater Collège de Meaux
École Pratique des Haute Études
Doktorale student(e) Paul Lebeau
Maurice Meslans
Bekend vir Isolering van die element fluoor
Toekennings
Handtekening

Ferdinand Frédéric Henri Moissan (28 September 1852 - 20 Februarie 1907) was 'n Franse chemikus en apteker wat die Nobelprys vir Chemie in 1906 verower het vir sy werk om fluoor van die verbindings daarvan te isoleer. Hy was die ontdekker van kalsiumkarbied en die uitvinder die asetileenlamp. Hy het die gebruik van die elektriese smeltkroes in chemie en wetenskap bevorder en het die elektriese boogoond ontwikkel om hoë temperature te bereik, waarmee hy metale geïsoleer het en verskeie verbindings (soos bv. karbiede) vervaardig het.[1] Moissan was een van die oorspronklike lede van die Internasionale Komitee vir Atoomgewigte.[2]

  1. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named CRC2016
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Viel

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search